Hoe Kan Ons Vir Seker Weet Dat Ons Hemel Toe Sal Gaan? (How Can We Know That We'll Go to Heaven?)

© Photo: Unsplash

Volgens ʼn Barna opname is daar vir elke Amerikaner wat glo dat hy of sy Hel toe gaan 120 wat glo hulle gaan Hemel toe. Tog het Christus iets anders gesê, “Gaan in deur die nou poort, want breed is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” Matthéüs 7:13-14).

Die Hemel is dus nie van nature ons bestemming nie.  Niemand gaan outomaties daarheen nie.  Tensy daar afgereken is met ons sondeprobleem, is die enigste plek waarheen ons kan gaan die Hel, ons ware natuurlike bestemming wanneer ons dood gaan.  In die Bybel praat Jesus meer van die Hel as enige iemand anders (Matthéüs 10:28; 13:40-42; Markus 9:43-44).  Hy verwys daarna as ʼn werklike plek en beskryf dit in grafiese terme – ingeslote verwoede vure en die wurm wat nie dood gaan nie.  Christus sê die ongeredde “sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van tande” (Matthéüs 8:12).

Is dit moontlik om vir seker te weet dat ons Hemel toe gaan?  Die apostel Johannes het gesê, “Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het” (1 Johannes 5:13).  Ons kan dus vir seker weet dat ons Hemel toe sal gaan as ons dood gaan.

Weet jy?  As jy nie weet nie, lees asseblief aandagtig die laaste paar bladsye van hierdie boekie.  Dit mag dalk die heel belangrikste ding wees wat jy ooit gelees het.  (Wat kan vir jou meer belangrik wees as om te oorweeg of jy Hemel of Hel toe gaan?)

Om te sondig is om kort te skiet aan God se heilige standaard.  Dis sonde wat veroorsaak het dat Eden se paradys tot ʼn einde gekom het.  En almal van ons, nes Adam en Eva, is sondaars.  Jy is ook ʼn sondaar.  “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Romeine 3:23).  Sonde skei ons van ʼn verhouding met God (Jesaja 59:2).  Daar is ʼn groot afgrond tussen ons en God, en daar is niks wat ons kan doen om dit te oorbrug nie.  Sonde mislei ons en en maak ons dink dat verkeerd reg is en reg verkeerd (Spreuke 14:12).  Dit maak ons dink dat alles met ons reg is terwyl dit nie so is nie.

Sonde het verskriklike gevolge, maar God het ʼn oplossing voorsien: “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here” (Romeine 6:23).  Jesus Christus, die Seun van God, het ons so lief gehad dat Hy ʼn mens geword het om ons van ons sonde te verlos (Johannes 3:16).  Hy het gekom om deel te hê aan ons menslikheid en swakheid, maar Hy het dit gedoen sonder om bevlek te raak met ons sondes (Hebreërs 2:17-18; 4: 15-16).

Jesus het gesterf op die kruis as die enigste een wat waardig was om die prys vir ons sondes te betaal soos deur die heiligheid van God vereis word (2 Korinthiërs 5:21).  Op die kruis het hy die Hel wat ons verdien het op Homself geneem, om vir ons die Hemel te bekom wat ons nie verdien het nie.

Omdat Hy God is, en dus ook almagtig, het Jesus Christus uit die graf opgestaan, en sonde en die dood oorwin (1 Korinthiërs 15:3-4, 54-57).

Toe Hy op die kruis vir ons gesterf het, het Hy gesê, “Dit is volbring” (Johannes 19:30).  Dit was die gewoonte om die Griekse woord wat met “dit is volbring” vertaal word oor skuldbriewe te skryf wanneer hulle gekanselleer was.  Dit het beteken, “ten volle betaal.”  Christus het dit gedoen sodat op die skuldbrief van ons sonde eens en vir altyd geskryf kon word, “ten volle betaal.”

Ons kan die Hemel binne gaan slegs wanneer Christus met ons sondes afgereken het.  Ons kan nie self daarvoor betaal nie.  Jesus het gesê, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6).  “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12).

Christus se kruisdood, en sy opstanding, is die brug oor die afgrond wat ons van God skei.  As gevolg van Jesus Christus se versoening vir ons sondes offer God aan ons sy genadegawe van vergifnis: “Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighe-de nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons” (Psalm 103:10-12).

Om vergewe te wees moet ons ons sondes erken en bely: “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind” (Spreuke 28:13).  Vergifnis is nie vanselfspre-kend nie.  Dit is afhangend van belydenis: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Johannes 1:9).

Christus offer aan enige iemand die genadegawe van vergifnis, verlossing, en die ewige lewe: “En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet” (Openbaring 22:17).

Daar is geen daad van geregtigheid wat ons kan doen waarmee ons ʼn plek in die Hemel kan verdien nie (Titus 3:5).  Ons kom na Christus met leë hande.  Ons kan ons saligheid nie verdien nie: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie sodat, niemand kan roem nie” (Efésiërs 2:8-9).  Hierdie genadegawe kan nie voor gewerk, verdien, of verwerf word nie.  Dit is nie afhanklik van ons meriete of pogings nie maar geheel en al van Christus se opoffering in ons plek.

Dit is nou die tyd om dinge met God reg te maak.  Bely jou sonde en aanvaar die offer van Jesus Christus in jou plek.

Jy is gemaak vir ʼn persoon en ʼn plek.  Jesus is die persoon, en die Hemel is die plek.  Hulle is in een pakkie – hulle kom saam.  Jy kan die Hemel nie sonder Jesus kry nie, of Jesus sonder die Hemel nie.

“Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.”  As jy Christus aangeroep het om jou te red, sal jy die ganse ewigheid hê, in die Nuwe Hemel en op die Nuwe aarde, om bly te wees jy het.

En ek sal uitsien om jou daar te sien!

 

How Can We Know That We’ll Go to Heaven?

For every American polled who thinks they are going to Hell, there are 120 who think theyre going to Heaven. Author Randy Alcorn explains that Heaven isnt our default destination and that specific preparation must be made if we are to safely arrive in Heaven.

A recent poll indicated that for every American who believes he or she is going to Hell, there are 120 who believe theyre going to Heaven.

This optimism stands in stark contrast to Jesus Christs words written in the Bible: Enter by the narrow gate. For the gate is wide and the way is easy that leads to destruction, and those who enter by it are many. For the gate is narrow and the way is hard that leads to life, and those who find it are few (Matthew 7:13-14).

The truth is that according to the Bible we dont automatically go to Heaven. In fact, Hell—not Heaven—is our default destination. Unless our sin problem is solved once and for all, we cant enter Heaven. Thats the bad news.

But once thats straight in our minds were ready to hear the good news of Jesus Christ-Jesus took upon himself, on the cross, the Hell we deserve so that we could experience for eternity the Heaven we dont deserve!

The Only Two Options

There are two possible destinations when we die—Heaven or Hell. Can we really know in advance where well go? John, one of the writers of the Bible, said this: I write these things to you who believe in the name of the Son of God that you may know that you have eternal life (1 John 5:13).

We can know for sure that well go to Heaven when we die. Do you?

To sin means to fall short of Gods holy standards. Sin is what ended Edens paradise. And all of us, like Adam and Eve, are sinners. For all have sinned and fall short of the glory of God (Romans 3:23). Sin separates us from a relationship with God (Isaiah 59:2). Sin deceives us and makes us think that wrong is right and right is wrong (Proverbs 14:12). Sin has terrible consequences, but God has provided a solution: For the wages of sin is death, but the free gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord (Romans 6:23).

Jesus Christ, the Son of God, loved us so much that he became a man to deliver us from our sin. For God so loved the world, that he gave his only Son, that whoever believes in him should not perish but have eternal life (John 3:16). He came to identify with us in our humanity and our weakness, but he did so without being tainted by our sin, self-deception, and moral failings (Hebrews 4:15-16). Jesus died on the cross as the only one worthy to pay the penalty for our sins demanded by the holiness of God: For our sake he [God] made him [Jesus] to be sin who knew no sin, so that in him we might become the righteousness of God (2 Corinthians 5:21). But God raised Jesus from the grave, defeating sins consequences and conquering death (1 Corinthians 15:3-4, 54-57).

When Christ died on the cross for us, he said, It is finished (John 19:30). In those times It is finished was commonly written across certificates of debt when they were canceled. It meant Paid in full. Christ died so that the certificate of debt, consisting of all our sins, could once and for all be marked Paid in full.

The Critical Decision

Only when our sins are dealt with in Christ can we enter Heaven.

We cannot pay our own way. Jesus said No one comes to the Father except through me (John 14:6). There is salvation in no one else, for there is no other name under heaven given among men by which we must be saved (Acts 4:12). Because of Jesus Christs sacrificial death on the cross on our behalf, God freely offers us forgiveness.

To be forgiven, we must recognize and repent of our sins. Forgiveness is not automatic. Its conditioned upon confession: If we confess our sins, he is faithful and just to forgive us our sins and to cleanse us from all unrighteousness (1 John 1:9). Christ offers to everyone the gifts of forgiveness, salvation, and eternal life. Let the one who is thirsty come; let the one who desires take the water of life without price (Revelation 22:17).

Theres no righteous deed we can do that will earn us a place in Heaven (Titus 3:5). We come to Christ empty-handed. We can take no credit for salvation. For by grace you have been saved through faith. And this is not your own doing; it is the gift of God, not a result of works, so that no one may boast (Ephesians 2:8-9). This gift cannot be worked for, earned, or achieved. Its dependent solely on Christs generous sacrifice on our behalf.

Now is the time to make things right with God. Confess your sinfulness and accept the sacrifice of Jesus Christ on your behalf.

You are made for a person and a place. Jesus is the person, and Heaven is the place. They are a package—they come together. You cannot get Heaven without Jesus or Jesus without Heaven. Seek the Lord while he may be found.

Randy Alcorn (@randyalcorn) is the author of over sixty books and the founder and director of Eternal Perspective Ministries